Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was swak voorbereid om die georkestreerde 2021 Julie burgerlike onrus te hanteer. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het gister sy bevindings bekend gemaak oor die burgerlike onrus, wat in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het. Die kommissie se Philile Ntuli hou vol dat die polisie nie daarin geslaag het om die beplanning en uitvoering van die aanvalle op te spoor nie weens onvoldoende opleiding, hulpbronne en toerusting. Sy sê die polisiediens se versuim om op die onluste te reageer, het gelei tot diefstal, brandstigting en opsetlike beskadiging van eiendomme.