By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 01 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Man van Steinkopf lewenslange tronkstraf opgelê
Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal
Koliswa Otola, het die twee lewenslange vonnisse, wat gister deur die
Springbok-streekhof aan Derrik Etiene Cloete vir verkragting en moord opgelê
is, verwelkom. “Die polisie in Steinkopf het Maandag 31 Desember 2012 omstreeks
00:50 inligting van die gemeenskap ontvang oor 'n lewelose liggaam wat in 'n
verlate gebou naby die N7 nasionale pad lê. Met aankoms het lede van Steinkopf
SAPD die liggaam met 'n kombers bedek gevind en ‘n manspersoon gesien wat gevlug
het van die toneel, dadelik aangekeer, en na die polisiestasie geneem,” het
polisiewoordvoerder Sersant Merapelo Pilane gesê. Ná ondervraging is hy later
gearresteer en van die moord op die slagoffer aangekla. Albei vonnisse sal
gelyklopend uitgedien word en die verdagte is onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen
te besit.
Related News