By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 01 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Drie mans buite Springbok in hegtenis geneem vir roof
Die
Springbok-polisie het drie mans in hegtenis geneem in verband met 'n rooftog
wat gister sowat twintig kilometer buite Springbok op die N7-hoofweg
plaasgevind het. Polisiewoordwoerder Brigadier Mashay Gamieldien het gesê dat
daar beweer word dat die vragmotorbestuurder en twee werkers voor die voorval
geld by plaaslike winkels in die area gaan haal het. Terwyl hulle op die N7
gery het, is die vragmotor deur drie mans met swart baadjies voorgekeer. Die
bestuurder het daarin geslaag om sy werkgewer te waarsku wat die polisie in
kennis gestel het. Die verdagtes is deur ao Pieter Mpasa in hegtenis geneem.
Die drie verdagtes sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn op
aanklagte van roof en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.