In die lig van aanhoudende uitdagings wat veroorsaak word deur gereelde beurtkrag wat waterbronne raak wat huishoudings bereik, veral in die Concordia-gebied en die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit het proaktiewe maatreëls getref om die kritieke kwessie aan te spreek. Die munisipaliteit het namens die gemeenskap 'n skriftelike versoek by Eskom ingedien, waarin gevra word vir die uitsluiting van beurtkrag by die Concordia / Okiep 22kilovolt Feeder. Effektief vanaf 2 tot 8 Februarie 2024, het die munisipaliteit verligting van beurtkrag by Concodia / Okiep 22 kilovolt toevoer gekry.