By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 08 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Herstelwerk aan die een hooflyn voltooi op Pofadder
Die Huidige situasie rondom die water op Pofadder in die Khâi
Ma munisipaliteit, is dat die tegniese span het teen gisteraand 23:30
herstelwerk aan die een hooflyn voltooi en begin water pomp. Op die staduim het
sekere gedeeltes water en dit blyk dat slegs hoogliggende gebiede nog nie water
het nie. Die munisipaliteit probeer nou om drukregulering toe te pas om
sodoende water eweredig te versprei. Die reservoirvlakke is steeds onderdruk,
daarom vra die munisipaliteit dat die gemeenskap asseblief water spaarsamig
gebruik en slegs aanwend vir menslike gebruik. Tuine moet nie op die staduim nat
gemaak word of voertuie met die tuinslang was nie.