By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 08 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Nieuwoudtville SAPD arresteer plantstropers
Die Nieuwoudtville SAPD het inligting oor beskermde
plantstropery opgevolg en toegeslaan op drie manlike verdagtes in besit van
beskermde plante ter waarde van R3,5 Miljoen. “Gister het die Nieuwoudtville
SAPD Sigbare Polisiëring, Nieuwoudtville Speurders en die Oorlogskloof
Natuurbewaringspersoneel die verdagtes op heterdaad betrap met 518 Clavias
Maribilius plante en 29 Clavias Maribilius sade met 'n straatwaarde van R3 506
000 in Nieuwoudtville,” het luitenant kolonel Sergio Kock gesê. Die verdagtes
is onderskeidelik 23, 41 en 47 jaar oud en sal binnekort in die
Calvinia-landdroshof verskyn.