By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 09 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Vala Umgodi beperk die onwettige mynaktiwiteite in die Namakwa-distrik
Die multi-dissiplinêre onwettige mynoperasie "Vala
Umgodi" deur Suid- Afrikaanse Aolisiediens, Suid- Afrikaanse Nasionale Weerman
en Departement van Binnelandse Sake beperk toenemend die onwettige
mynaktiwiteite in die Namakwa-distrik deur misdadigers hul operasionele
gereedskap te ontneem. Die polisie se operasionele aktiwiteite in Kommagas,
Buffelsrivier en Kleinsee gister, het die uitvoering van deursoekingslasbriewe,
stop- en deursoekings, die opsporing van ongedokumenteerde immigrante, die
bekamping van die onwettige handel in perlemoen, die bekamping van
transitomisdade en die uitvoer van roetine-voertuiginspeksies ingesluit. “Die
polisie het drie (03) verdagtes in hegtenis geneem vir oortreding van die Wet
op Onwettige Mynbou en beslag gelê op talle onwettige myntoerusting. Die totale
waarde van die gekonfiskeerde items beloop meer as R287 000,00,” het
polisiewoordvoerder Timothy Sam gesê. Die verdagtes sal binnekort in hul
onderskeie landdroshowe verskyn.
Related News