Die Upington-landdroshof in die Noord-Kaap het ’n bewaringsbevel aan die Valke en die Batebeslagleggingseenheid toegestaan. Hulle het vroeër die week die bevel van 75 duisend rand teen ‘n 44-jarige beskuldigde ontvang. Lede van die Upington honde-eenheid het die beskuldigdes gearresteer terwyl hulle hul daaglikse stop en soektog gedoen het. ‘n Woordvoerder van die Valke, Nomthandazo Mnisi, sê hulle sal die saak verder ondersoek.