By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 26 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Pofadder verdagtes skuldig bevind vir poging tot moord en suksuele aanranding
Die
Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord (GBVF) skuldigbevindings en
vonnisoplegging wat deur die Pofadder-eenheid vir gesinsgeweld,
kinderbeskerming en seksuele misdrywe verseker is, in die Pofadder-streekhof
verwelkom. Op Saterdagaand, 23 Desember 2022, het die 25-jarige vroulike
slagoffer en die beskuldigde 'n stryery gehad, terwyl sy besig was om haar baba
te borsvoed. 'n Stryery het ontstaan en die beskuldigde het kookwater oor die
slagoffer gegooi en was gearresteer vir poging tot moord en borgtog is
suksesvol teengestaan en geweier. “Op Woensdag, 21 Februarie 2024, het die
Pofadder-streekhof die 32-jarige beskuldigde skuldig bevind en gevonnis tot 8
jaar gevangenisstraf, waarvan 4 jaar vir 5 jaar opgeskort is,” het
polisiewoordvoerder sersant Molefi Shemane gesê. Die hof het ook die
beskuldigde onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.
In
'n onverwante saak ook in Pofadder, op Saterdag, 14 Januarie 2022, het 'n
42-jarige slagoffer en haar man buite hul huis gelê toe die slagoffer wakker
gemaak is deur die beskuldigde wat hul perseel betree en reguit na die
slagoffer gegaan en haar seksueel aangerand het. Die slagoffer het geskree, en
die beskuldigde het weggehardloop. Sersant Molefi Shemane het gesê dat die saak
is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is in hegtenis geneem. Op
Dinsdag, 20 Februarie 2024, het die Pofadder-streekhof die 28-jarige Owen
Basson skuldig bevind en gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf vir seksuele
aanranding, geheel en al opgeskort vir vyf jaar. Die beskuldigde is ook deur
die hof onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.
Related News