By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 26 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Politics
Die DA doen ‘n toesigbesoek by die Homevale-afvalwatersuiweringsaanleg
Die DA het Woensdag ‘n
oorsigbesoek by die Homevale-afvalwatersuiweringsaanleg in Sol Plaatje in die
Noord-Kaap gebring. Die Sol Plaatje-munisipaliteit slaag nie daarin om die
suiweringsaanleg volledig te herstel nie. Tydens die toesigbesoek het die party
ontdek dat die munisipaliteit nie die suiweringsaanleg se sanitasie in stand
hou nie. Die DA se Ockert Fourie sê die algemene gebrek aan instandhouding is
kommerwekkend en kan ernstige probleme vir Kimberley veroorsaak.