By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 28 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Vermeende dwelmhandelaar in Postmasburg vasgetrek
Die Valke
het ‘n 30-jarige verdagte gister in Postmasburg in die Noord-Kaap gearresteer
vir die onwettige besit van dwelms en handel in dwelms. Dit kom nadat hulle ’n
deursoek- en beslagleggingsoperasie by Haakbos Draai gedoen het nadat hulle
inligting ontvang het oor dwelms wat verkoop word. Die Valke het beslag gelê op
‘n sak met gekristalliseerde metamfetamien ter waarde van meer as 38-duisend
rand. Die verdagtes sal vandag in die Postmasburg-distrikshof verskyn.