By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 01 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Calivinia gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings eenheid verseker vonnisse
Die polisie verwelkom die tronkstraf van 30 jaar wat 'n man
van Loriesfontein opgelê is vir die pleging van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-verwante
misdade. Op 16 Mei 2023 het die beskuldigde onder die invloed van drank by die
huis aangekom en met sy vrou begin stry, en hy het sy vrou erg geslaan. “Hul
dogter het tussenbeide getree, en hy het haar met 'n glasbak oor haar kop
geslaan, wat haar en sy vrou geweldig laat bloei het. Hy het toe ook sy dogter
seksueel aangerand,” het ‘n polisiewoordvoerder Luitenant kolonel Sergio Kock
gesê. Die slagoffers het die polisie gekontak en die beskuldigde is onmiddellik
gearresteer vir die oortreding van 'n beskermingsbevel. Die verdagte is op 28
Februarie 2024 in die Calvinia-streekhof skuldig bevind.
In 'n onverwante voorval in Calvinia het 'n 14-jarige
meisie swanger geraak deur 'n 21-jarige mansvriend. Op 30 Julie 2023 het die
slagoffer se ma 'n klag van statutêre verkragting gelê. Op 27 Februarie 2024 is
die beskuldigde deur die Calvinia-streekhof skuldig bevind aan statutêre
verkragting en gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf, opgeskort vir 5 jaar.
Related News