By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 29 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Man vasgekeer wat meisie verskeie gesteek het
Die Fraserburg SAPD het alle hulpbronne geaktiveer in 'n
poging om 'n 38-jarige man vas te trek en in hegtenis te neem wat na bewering
sy 22-jarige meisie verskeie kere met 'n mes gesteek en haar vir dood
agtergelaat het.” Op Vrydag, 23 Februarie 2024 het die verdagte en die
slagoffer by sy pa in Fraserburg gekuier. 'n Stryery het na bewering ontstaan
en die slagoffer het gekies om huis toe te stap, maar is aangerand deur die
verdagte wat haar in 'n donker oop veld ingesleep en haar verskeie kere op haar
bolyf en gesig gesteek het,” het ‘n polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel
Sergio Kock gesê. Haar gille het gemeenskapslede gewaarsku en 'n patrollerende
polisievoertuig is minute later voorgekeer. Die polisie het inligting opgevolg
en die verdagte is gevind wat Dinsdag, 27 Februarie 2024 omstreeks 17:00 in die
veld weggekruip het.
Related News