By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
NFM bestuur woon werkswinkel by om vrye en regverdige verkiesingsverslaggewing te doen
Die stasiebestuurder, programbestuurder en 'n omroeper van
RADIO NFM woon tans 'n werkswinkel in Upington by wat aangebied word deur die
stasie se lisensiehouer, ICASA. Die onafhanklike kommunikasie owerheid se
werkswinkel het ten doel om uitsaaiers op te lei en te bemagtig, oor hoe om
vrye en regverdige verslaggewing te doen oor die nasionale en provinsiale
verkiesing. Die verkiesing 'n kritieke tyd vir die land en landsburgers is geregtig op korrekte en konkrete inligting van politieke partye, om ten einde hul kruisies op 29 Mei te gaan trek. ICASA het uitsaaiers gewaarsku dat geen politieke party geguns sal word ten opsigte van onderhoude, verslaggewing of bemarking nie. Hierdie regulasies is aan die uitsaaiers verduidelik en dit is bevestig dat dit gepublisseer is en g'n uitsaaier verhewe is bo dit nie. Uitsaaiers is ook herinner dat geen party of onafhanklike kandidaat verhewe is bo die regulasies van ICASA of die uitsaaier self nie. NFM het haarself daartoe verbind om vry en regverdige rapportering en bemarking van die verkiesing te doen, soos geregulleer deur die lisensiehouer, ICASA.
Related News