Die hooggeregshof in Kathu in die Noord-Kaap het drie verdagtes elk tot 25 jaar tronkstraf gevonnis ná ’n mislukte stroperypoging in April 2020. Die polisie binne die plaasgrense van Suid-Afrika en Botswana is ingelig van vier onbekende mans wat ‘n plaas betree het. Die Teenstropingseenheid is saam met helikopterdienste gekontak om te help om die verdagtes op te spoor, aangesien die eienaar in die verlede stroperyvoorvalle ervaar het. Die helikopter het die verdagtes opgemerk en grondlede laat weet waar hulle is. Die grondlede het die verdagtes genader en ‘n skietgeveg het ontstaan, waarin een van die verdagtes dood is. Die woordvoerder van die Valke, Nomthandazo Mnisi, sê die ander drie het beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem.