By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 19 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Community
‘n Probleem gevind by die waterpyplyn by Muisvlak
In
die Richtersveld munisipaliteit is ‘n probleem gevind by die waterpyplyn by
Muisvlak. Die waterspan het na dit omgesien en die pompe is weer aangesit. Dit
sal egter ‘n tydjie neem vir die damme om ‘n vlak te bereik waar dit water aan
die gemeenskap sal verskaf. “Ons weet dit is 'n ongemaklike situasie en vra dus
omverskoning en ook dat die gemeenskap tog geduldig moet wees,” het die
munisipaliteit gevra.