By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 04 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Operasie Phakisa is uitgevoer in die kusgebiede van die Namakwa- distrik
Die multidissiplinêre operasie genaamd - Operasie Phakisa
het oor die Paasnaweek vanaf Donderdag, 28 Maart 2024 begin en op Dinsdag, 02
April 2024 in Port Nolloth, Kleinsee, Brasilië, Groenrivier, Alexanderbaai en
Hondeklipbaai geëindig.“Die fokus hierdie kwartaal was op onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene verwante misdade ingesluit deur streng nakoming van die voorgeskrewe boerdery-, visvang- en oesregulasies te monitor, asook om die verspreiding van dwelms aan te spreek en die vloei van ongedokumenteerde immigrante te voorkom,” het ‘n polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê. Vier voertuigkontrolepunte is op die Port Nolloth/Alexanderbaai- en die Port Nolloth/Kleinsee-paaie uitgevoer, waartydens 93 voertuie en 217 persone voorgekeer en deursoek is.
Related News