'n 40-jarige ma is onlangs in die Carnarvon-streekhof gevonnis vir die wrede aanranding op haar 12-jarige seun. Op 28 September 2023 omstreeks 21:00 het die ma haar seun daarvan beskuldig dat hy geld by sy stiefpa gesteel het.Luitenant Kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder het gesĂȘ dat die beskuldigde die slagoffer erg in sy gesig en liggaam aangerand totdat hy ineengestort het totdat sy tante tussenbeide getree het. Die slagoffer is in die hospitaal opgeneem en die ma is gearresteer. Op 04 April 2024 is die ma skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. Die beskuldigde se naam is ook in die Nasionale Register vir Kinderbeskerming aangeteken en sy is onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.