By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 18 Apr 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Khai-Ma plaaslike munisipaliteit het gister ‘n #CleanYourTown-veldtog gehou
Die
Khai-Ma plaaslike munisipaliteit het gister ‘n #CleanYourTown-veldtog gehou,
met die doel om gemeenskapslede te motiveer om diè voortou by inisiatief te
neem. Die Munisipaliteit glo daaraan dat inwoners trots moet wees hul omgewing
skoon te maak. “Inwoners word versoek om die inisiatief te neem om tuinbou uit
te oefen om die kwaliteit van lug in die gemeenskap te verbeter. Die
Munisipaliteit pleit verder by inwoners om op te hou met rommelstrooiing en
onwettige storting. Met die oortuiging dat dit 'n ongesonde gemeenskap skep,
veral vir diegene met 'n kwesbare immuunstelsel soos kinders, senior burgers en
diegene met terminale siektes.