Radio Nfm het gisteroggend om 9uur, amptelik 'n nuwe frekwensie, 89.7FM, in die Khai Ma-munisipaliteit geaktiveer. Hierdie uitbreiding beteken dat dorpe soos Pella, Witbank, Onseepkans en Pofadder nou Radio Nfm se sein sal ontvang. Die aktivering van die 4de frekwensie in die Khai Ma munisipaliteit posisioneer Nfm as die grootste gemeenskapsradio-voetspoor in beide die Noord-Kaap en Suid-Afrika. Radio Nfm is dankbaar teenoor borg, Vedanta Zinc International, wat die aktivering moontlik gemaak het en die diensverskaffer, Big 9 ICT, vir hul bydrae.