Gewapende rower tot 28 jaar gevangenisstraf gevonnis
Die
Kuruman-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n 32-jarige man tot 28 jaar tronkstraf
gevonnis vir gewapende roof. Keorapetse Kgaje en drie ander mans het hulle as
klante voorgedoen en in Februarie 2022 ’n plaaslike winkeleienaar genader. Kgaje
het ‘n vuurwapen op die winkeleienaar gerig en hom van geld, selfone en
sigarette beroof. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Merapelo Pilane, sê die
polisie het Kgaje in hegtenis geneem, maar die drie oorblywende verdagtes het
met die gesteelde geld en goedere van die toneel gevlug.