Beskuldigde gevonnis vir die verkragting van ‘n minderjarige
Die Calvinia-streekhof in
die Noord-Kaap het twee mans tot onderskeidelik 20 en 18 jaar gevangenisstraf
gevonnis vir die verkragting van ‘n minderjarige. Janere Rossouw en Randall
Snyders is in 2022 in hegtenis geneem vir die verkragting van ‘n 14-jarige
meisie. Ondersoeke toon dat die slagoffer van ‘n spaza-winkel op pad huis toe
was toe sy die twee ontmoet het. Rossouw en Snyders het haar vergesel en haar
later in ‘n veld ingesleep waar hulle haar om die beurt verkrag het. Die
polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, sê die polisie verwelkom
die vonnisoplegging.