By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 22 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Operasie Shanela, voer multi-dissiplinêre operasie uit
In ‘n poging om kontak- en geweldsmisdade in
geïdentifiseerde brandpunte hok te slaan, het die Noord-Kaapse polisie ’n
weeklange hoëdigtheid-operasie van stapel gestuur. Bekend as Operasie Shanela,
het diè multi-dissiplinêre operasie van Maandag 15 April tot Sondag 21 April
geduur. Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock,
het die operasie 'n reeks ontwrigtende aksies behels, insluitend voertuigkontrolepunte (VCP's), stop- en deursoekings,
voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, en pogings om die smokkel van
dwelms en ander kommoditeite hok te slaan. Regoor die Noord-Kaap het voertuigkontrolepunte
en padblokkades daartoe gelei dat 2 270 voertuie en 4 617 individue voorgekeer
en deursoek is. Die polisie het ook talle voldoeningsinspeksies by tweedehandse
handelaars, skrootwerwe, herwinnings, private sekuriteitsfirmas,
vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede, plase en myne uitgevoer.
Related News