# Die polisie in Colesberg in die Noord-Kaap het inligting wat hulle ontvang het opgevolg en ‘n vragmotor wat na bewering Khat vervoer het, by ‘n vulstasie in Colesberg onderskep. Die vragmotor was van Johannesburg na Kaapstad onderweg. Die polisie het die vragmotor deursoek en meer as tweeduisend-300 bondels Khat met ‘n geraamde straatwaarde van 117-duisend rand gevind. Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, sê die polisie het ‘n 41-jarige man in hegtenis geneem vir die onwettige besit van dwelms en dwelmhandel.