By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 23 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Radio Nfm amptelik die grootste gemeenskapsradiostasie
Radio Nfm het gisteroggend om 9uur, amptelik 'n nuwe
frekwensie, 89.7FM, in die Khai Ma-munisipaliteit geaktiveer. Hierdie
uitbreiding beteken dat dorpe soos Pella, Witbank, Onseepkans en Pofadder nou
Radio Nfm se sein sal ontvang. Die aktivering van die 4de frekwensie in die Khai Ma munisipaliteit posisioneer Nfm as die grootste gemeenskapsradio-voetspoor in beide die Noord-Kaap en Suid-Afrika. Radio Nfm is dankbaar teenoor borg, Vedanta Zinc International, wat die aktivering moontlik gemaak het en die diensverskaffer, Big 9 ICT, vir hul bydrae. Radio Nfm bedien vier munisipaliteite onder andere Richtersveld op 89.1, Khai Ma op 89.7, Kammiesberg op 90.7 en Nama Khoi op 98.1.
Related News