President Cyril Ramaphosa sê sy party teiken 14-miljoen stemme
Die ANC
president, Cyril Ramaphosa, sê sy party sal 14-miljoen stemme teiken in
volgende maand se verkesing. Die regerende party is onder druk ná die nuutste
voorspellings bekend gemaak is. Volgens die voorspellings, loop die party die
risiko om vir die eerste keer sedert 1994 die verkiesing te verloor. Ramaphosa
se opinie kon gehoor word op ‘n gelekte stemopname. In die opname kritiseer
Ramaphosa lede van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee, omdat hulle nie
die party se vrywilligers ondersteun nie.