In afwagting van die komende Nasionale Provinsiale en plaaslike-verkiesing, is Radio Nfm gereed om 'n hoogs verwagte politieke debat aan te bied.Die geleentheid, gaan vanmiddag plaasvind in die Okiep Rec Club, tussen 5uur en 7uur. Dit beloof om 'n dinamiese debat te wees vir politieke kandidate om hul visie vir die toekoms met die Namakwa distrik se gemeenskap te deel en met kiesers in gesprek te tree oor dringende kwessies. Die kandidate bestaan uit plaaslike politieke partye, wat elkeen meeding vir die geleentheid om gemeenskapslede te oorreed om vir hulle te stem.