Die 25-jarige Fortune Koordom is 14 jaar tronstraf opgelê, ná die verkragting van 'n 27-jarige vroulike slagoffer in Loeriesfontein op Saterdag, 04 Junie 2022. Die beskuldigde het die slagoffer gegryp terwyl sy besig was om haar erf binne te gaan en haar onder 'n boom ingetrek en verkrag. Hy het ook 'n beskermingsbevel wat die slagoffer teen hom gehad het, oortree. Kordoom is gearresteer, aangekla van verkragting en oortreding van 'n beskermingsbevel. “Hy is op Donderdag, 18 April 2024 skuldig bevind op een aanklag van verkragting en tot 10 jaar gevangenisstraf en nog 4 jaar gevonnis vir die oortreding van die beskermingsbevel. Albei vonnisse sal gelyktydig uitgedien word,” het polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.