Radio Nfm het gister met haar eerste politieke debat afgeskop in Okiep. Verteenwoordigers van die politieke partye, onder andere VF+, ANC, DA, EFF, NCCM, PA, en Action SA, het die debat bygewoon. Op Antwoord van die onderwysstelsel en die kwaliteit daarvan, sê die NCCM is 'n behoefte om tegniese vakke in sekere skole te bevestig. Die Action SA fokus daarop dat opvoeding by die huis begin. Die ANC op hul beurt wil die opvoeders toejuig vir hul werk wat hulle in onderwys toepas. Die DA sê die ANC het gemeenskappe in die steek gelaat aangesien die vroeë kinderontwikkelingsentrums steeds veg vir oorlewing. Die EFF het gesê dat onderwys ‘n belangrike instrument is wat integriteit en menswees betref. Die PA het weer gesê dat dit ‘n nasionale komponent is en die VF+, het gesê dat ‘n dominee en onderwyser is geroep vir die werk wat sy of hy doen. Die volgende politieke debat gaan môre plaasvind in die Khâ Ma plaaslike munisipaliteit in die Pofadder gemeenskapsaal om 6uur.