Die Windsorton-polisie in die Noord-Kaap het Saterdag drie mans in hegtenis geneem vir die besit van myntoerusting. Polisielede het opgetree op grond van inligting rakende onwettige mynwerkers wat op onbeboude grond in privaat besit bedrywig is. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, sê die polisie het ondersoek ingestel en toerusting en mynimplemente gevind wat glo deur onwettige mynwerkers gebruik word.