Die Kanoneiland-polisie in die Noord-Kaap het drie verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige besit van beskermde plante ter waarde van 180-duisend rand. Die beamptes het die verdagtes onderskep terwyl hulle gisteroggend patrollies op die N14 gedoen het. Tydens die inspeksie het die polisie ontdek die bestuurder van die wit Nissan-vragmotor het nie ‘n geldige permit vir die plante nie. Die polisiewoordvoerder, sersant Omphile Masegela, sê die polisie het die bestuurder en twee insittendes van die vragmotor in hegtenis geneem.