By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 17 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Operasie Vala Umgodi slaan toe op onwettige mynbou op Kleinzee
In die voortdurende stryd teen onwettige mynbedrywighede in
die Namakwa-distrik, het die multi-dissiplinêre span van Operasie Vala Umgodi gister
'n intelligensie-gedrewe operasie in Kleinzee uitgevoer. Die inligting is
geoperasionaliseer en vier (4) verdagtes is by die geïdentifiseerde mynplek
aangekeer en gearresteer. “Drie (3) Lesotho-mans tussen die ouderdomme van 25
en 32 jaar oud en een (1) Zimbabwiese man, 31 jaar oud, is vir onwettige mynbou
in hegtenis geneem,” het die Noord- Kaapse
polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê. Toerusting en gereedskap,
wat vermoedelik gebruik word in die pleging van onwettige mynaktiwiteite, is
van die gearresteerde verdagtes gekonfiskeer.
Related News