By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 27 Jun 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Operasie Vala Umgodi gaan voort om onwettige mynbou hok te slaan
Die Noord-Kaapse multi-dissiplinêre span
wat Operasie Vala Umgodi in Kleinsee in die Namakwa-distrik uitvoer, het op
Dinsdag, 25 Junie 2024, 6 Zimbabwiese mans van tussen 20 en 43 jaar oud vir die
oortreding van die Wet op Onwettige Mynbou gearresteer. Die span het
waarnemingspligte rondom myngebiede in Kleinsee uitgevoer toe hulle gesien het
hoe die mans na bewering besig was met onwettige mynaktiwiteite. Noord- Kaapse
polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam het gesê dat daar beslag gelê is op
talle myntoerusting, insluitend 'n kragopwekker, jackhammer, elektriese
verlengkoord, sakke met vermoedelik diamantdraende graf en ander gereedskap. Die
verdagtes sal na verwagting binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.
Related News