By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 27 Jun 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Vader vonnis opgelê vir die aanranding van sy dogter
Die SAPD Bestuur verwelkom die tronkstraf
van 10 jaar wat opgelê is aan 'n 46-jarige pa wat sy 11-jarige dogter wreed
aangerand het in Calvinia. Op Saterdag, 23 Desember 2023 omstreeks 09:00 het
die pa sy dogter erg met 'n stok oor haar lyf en kop geslaan. Die slagoffer het
begin bloei en na 'n familielid gehardloop wat die polisie in kennis gestel
het. “Die vader is die volgende dag gearresteer en op 25 Junie 2024 in die
Calvinia-streekhof soos volg gevonnis: Tien(10) jaar gevangenisstraf vir
aanranding met die doel om ernstig te beseer(GBH) waarvan 5 jaar vir 5 jaar
opgeskort word,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio
Kock gesê. Hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit of met kinders
te werk.