Polisie in Nieuwoudtville trek manlike verdagtes vas
Die polisie in Nieuwoudtville het met die
bystand van lede van 'n nabygeleë natuurreservaat op 5 manlike verdagtes tussen
21 en 30 jaar toegeslaan terwyl hulle beskermde plante ter waarde van sowat
R2,7 miljoen in Nieuwoudtville gestroop het. Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Lt
Kol Sergio Kock het gesê dat die span het op 27 Junie 2024 inligting oor
beweerde plantstropery naby Nieuwoudtville opgevolg en die verdagtes vasgetrek
terwyl hulle besig was om die bedreigde 424 Clavias Marebelius-plante te oes. Die
verdagtes word aangekla van die onwettige besit van bedreigde plantspesies en
sal binnekort in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.