Die Upington-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n 33-jarige man tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis vir kuberbedrog en geldwassery. Granville Saunderson is skuldig bevind aan bedrog in twee afsonderlike sake waar hy twee mense deur middel van vals huisverkooptransaksies bedrieg het. Die bedrieglike aktiwiteite het in 2022 en verlede jaar plaasgevind, wat tot totale verliese van 248-duisend rand gelei het. Die hof het Saunderson voorheen tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis vir die bedrog van die eerste slagoffer. Die polisiewoordvoerder, sersant Omphile Masegela, sê die onlangse vonnis sal gelyklopend met die vorige een uitgedien word.