Man van Upington gevonnis vir bedrog en geldwassery
Die Upington-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n
33-jarige man tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis vir kuberbedrog en
geldwassery. Granville Saunderson is skuldig bevind aan bedrog in twee
afsonderlike sake waar hy twee mense deur middel van vals
huisverkooptransaksies bedrieg het. Die bedrieglike aktiwiteite het in 2022 en
verlede jaar plaasgevind, wat tot totale verliese van 248-duisend rand gelei
het. Die hof het Saunderson voorheen tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis vir
die bedrog van die eerste slagoffer. Die polisiewoordvoerder, sersant Omphile
Masegela, sê die onlangse vonnis sal gelyklopend met die vorige een uitgedien
word.