Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die aankondiging vir koue en nat weer vir die Noord-Kaap en die We-Kaap tot ‘n Geel Vlak 4-waarskuwing verhoog. Volgens die weerdiens sal ’n kouefrontstelsel Sondag en Maandag reën en koue weer na die twee provinsies bring. Weervoorspeller, Lauren Smith, sê sterk winde, swaar reën en sneeu kan in die twee provinsies verwag word.