Die provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, en ander belanghebbendes het die nuut-aangestelde distrikskommissarisse van Frances Baard en ZF Mgcawu gister in Upington verwelkom. Otola het die distrikskommissarisse gelukgewens en aangedui dat die hoër rang met bykomende verantwoordelikhede gepaard gaan. Die nuwe distrikskommissaris vir Frances Baard, generaal-majoor Gabathata Makgari, kom van Kimberley en het in 1994 haar basiese opleiding by Hammanskraal gedoen. Die ZF Mgcawu-distrikskommissaris, generaal-majoor Monica Sebili, het reeds in 1994 by die polisie begin en mettertyd in die geledere opbeweeg. Die span en belanghebbendes is bedank vir hul teenwoordigheid.