By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 08 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Carnavon man skuldig bevind aan seksuele aanranding van minderjarige
Op
Vrydag, 5 Julie 2024, het die rondgaande streekhof in De Aar 'n 44-jarige man
skuldig bevind aan die seksuele aanranding van 'n sesjarige meisie. Die hof het
gehoor dat die slagoffer op 11 November 2023 by haar ouma in Carnarvon gekuier
het, waar die beskuldigde herstelwerk in die badkamer gedoen het. “Kort ná die
besoek het die kind haar ma meegedeel dat die beskuldigde haar op ’n seksuele
wyse gesoen en betas het,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Kolonel
Cherelle Ehlers gesê. Die voorval is by die polisie aangemeld, en die
beskuldigde is daarna in hegtenis geneem, maar later op borgtog vrygelaat. Hy
het in die hof verskyn en is skuldig bevind aan seksuele aanranding. Hy is
gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat
hy nie aan dieselfde oortreding skuldig bevind word gedurende die tydperk van
skorsing nie. Sy naam moet in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders
aangeteken word.
Related News