In die tussentyd rapporteer Nama Khoi Munisipaliteit dat die munisipaliteit bewus is daarvan dat sommige dorpe tans watertekorte ondervind en dat sommige huishoudings sonder elektrisiteit is. Hierdie situasie het ontstaan weens skade aan die elektriese netwerk wat deur die weerstoestande veroorsaak is, wat daartoe gelei het dat sekere elektrisiteitsmeters nie aan die netwerk kon herkonnekteer nie. Nama Khoi woordvoerder, Jason Milford – CLIP Boonop ondervind Buffelsrivier, Nababeep en Matjieskloof watertekorte weens die voortgesette elektrisiteitskwessies.