Onwettige water en elektrisiteit verbindings is 'n probleem
Gemeenskapslede
van Khai Ma Munisipaliteit wat water en elektrisiteit steel,
benadeel die hele gemeenskap. Die munisipaliteit is besig om aksie te neem om
hierdie onwettige verbindings te stop. Wanneer die gemeenskap vermoed iemand
het ’n onwettige verbinding, moet hulle die munisipaliteit onmiddellik in kennis
stel. “Deur saam te werk, kan jy help verseker dat almal billike toegang tot
hierdie noodsaaklike dienste het,” het die munisipaliteit gesê.