By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 01 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Brandvlei man tot 6 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis
Die Carnarvon-streekhof het verseker dat geregtigheid
geskied toe 'n 41-jarige man tot 6 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis is vir
die wrede aanranding van 'n 15-jarige meisie in Brandvlei. Op 21 Januarie 2023
omstreeks 22:15 het die polisie aandag gegee aan die klagte en gevind dat die
15-jarige meisie uit haar gesig bloei. “Die slagoffer en die beskuldigde het 'n
woordewisseling gehad, en hy het haar met 'n ysterpyp geslaan. Hy is daarna in
hegtenis geneem en borgtog is suksesvol teengestaan,” het polisiewoordvoerder Luitenant
Kolonel Sergio Kock. Die beskuldigde is op 30 Julie 2024 in die
Calvinia-streekhof tot 6 jaar gevonnis vir Aanranding GBH en onbevoeg verklaar
om 'n vuurwapen te besit. Speurderkonstabel Anthony Willemse van die
Calvinia-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe is
geprys vir die vonnis wat verseker is dat die oortreders GBVF-misdaad aangekla
word.
Related News