By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 01 Aug 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Pa kry swaar vonnis vir die verkragting van sy tienerdogter
Die Upington-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n 40-jarige pa tot 25 jaar
direkte gevangenisstraf vir die verkragting van sy dogter gevonnis. Die pa het
sy 15-jarige dogter vroeër vanjaar verkrag nadat hy geëis het dat die dogter se
vriend die huis verlaat om hulle alleen by die huis te los. Hy het toe
voortgegaan om sy dogter te verkrag en gedreig om haar dood te maak as sy die
voorval aanmeld. Die slagoffer het die voorval by haar ma aangemeld, wat tot
die pa se arrestasie op dieselfde dag gelei het. Die Nasionale Vervolgingsgesag
se Mojalefa Senokoatsane het die vervolgingspan vir hul harde werk geprys.