Die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan het 'n 54-jarige verdagte op aanklag van bedrog gearresteer. In Oktober 2016 is die beskuldigde as waarnemende landdros vir die Calvinia-distrik in die Noord-Kaapprovinsie aangestel. Sy werklading het reis na ander howe in die distrik ingesluit wat die terugbetaling van reis en verblyf deur die staat genoodsaak het. “Hy word daarvan aangekla dat hy bedrieglike eise by die werkgewer ingedien het, wat 'n verlies van R2 087,12 tot gevolg gehad het. Die saak sal Woensdag, 21 Augustus 2024, voor die Calvinia-landdroshof wees vir eerste verskyning,” het Valke woordvoerder Luitenant Kolonel Tebogo Thebe gesê.