Die DA in die Noord-Kaap soek dringende antwoorde oor die huidige en toekomstige status van die Williston-behuisingsprojek. Die party sê die premier, doktor Zamani Saul, het belowe dat 50 van die 150 beplande huise teen verlede jaar November gereed sal wees vir begunstigdes. ‘n Volle 17 maande later is slegs die buitestrukture van vyf huise, sonder dakke, gebou. Die DA se Antonico Steenkamp sê bakstene en boumateriaal is die afgelope twee maande oor die konstruksieterrein gestrooi, met geen teken van kontrakteurs of sekuriteit nie. Steenkamp sê die behuisingsprojekbeloftes lyk al hoe meer na ’n verkiesingsfoefie.