By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 05 Aug 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
SAPD tree onvermoeid op om prioriteitsmisdade aan te spreek
Die SAPD in samewerking met gemeenskapspolisiestrukture,
insluitend die Blou Patrolleerders, en ander relevante eksterne
belanghebbendes, het onvermoeid opgetree om
prioriteitsmisdade aan te spreek en te verseker dat die gemeenskappe in die
Noord-Kaap veilig is en voel.
Die weeklikse aksies en aktiwiteite wat op Maandag, 29
Julie 2024 tot Sondag, 04 Augustus 2024 'n aanvang geneem het, het
voertuigkontrolepunte (VCP's), stop en deursoekings, padblokkades, opsporing
van gesoekte verdagtes, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies,
bewusmakingsveldtogte by skole en gemeenskapsuitreikprogramme by kerke is
regoor die provinsie uitgevoer.
Die weeklikse operasies het (444) verdagtes gearresteer vir
handel in dwelms, onwettige handel in drank, roof, moord, verkragting,
aanranding GBH, aanranding, inbrake by residensiële en besighede, diefstal van
of uit motorvoertuig, opsetlike beskadiging van eiendom, bestuur onder die
invloed van alkohol of dwelms en onwettige migrante.
Related News