Multi-dissiplinêre Operasie Vala Umgodi-spanne in die Noord-Kaap maak vordering in die bekamping van onwettige mynbedrywighede. Vyf en veertig verdagtes was gearresteer vir onwettige mynbou, die oortreding van die Immigrasiewet sowel as die Vuurwapen- en Ammunisiestatute tydens weeklikse bedrywighede wat op Maandag, 29 Julie 2024 'n aanvang geneem het. Robin-Lee Milford doen veslag – CLIP   In die Frances Baard-distrik het die span twaalf (12) verdagtes vir onwettige mynbou en oortreding van die Immigrasiewet gearresteer. Nog twee (2) verdagtes is om die Klipdam-myn gearresteer vir oortreding van die Vuurwapen- en Ammunisiewet en sal binnekort in die Windsorton-landdroshof verskyn. Die verdagtes word aangehou om deur die amptenare van die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste verwerk en geverifieer te word voordat hulle formeel aangekla en aan die hof voorgelê word vir deportasie.