Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, het Operasie Basadi in Pofadder en omliggende gebiede gelei ter viering van Nasionale Vrouedag. Die operasie het begin met 'n multi-dissiplinêre parade wat deur vroue oorheers word in Pofadder waar luitenant-generaal Otola die lede en die Pofadder-gemeenskap toegespreek het oor geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-verwante misdade.“Sy het hulle aangemoedig om die stilte te verbreek en uit te spreek teen enige vorm van fisiese en emosionele mishandeling. Sy het ook genoem dat die Noord-Kaap die President van Suid-Afrika, Sy Eksellensie Cyril Ramaphosa, môre in Pofadder gaan huisves om Vrouedag te vier,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê. Die parade is opgevolg deur padblokkades op die N14 naby Pella en Kakamas.