Die Noord-Kaapse polisie was ten volle uit tydens die uitvoering van Operasie Shanela met die fokus op onwettige vuurwapens, kontakmisdade, veral moord en verkragting, trio-misdade, en verswarende roof. “Polisie-aksies is in problematiese gebiede uitgevoer, wat misdaadintelligensie-gedrewe operasies, padblokkades, voertuigkontrolepunte, hoësigbaarheidspatrollies, nakomingsinspeksies en stop- en deursoekaksies ingesluit het,” het polisiewoordvoerder Kolonel Cherelle Ehlers gesê. Tydens die weeklange operasie is 261 verdagtes in hegtenis geneem vir ernstige misdade, insluitend die onwettige besit van 'n vuurwapen, handel in dwelms, handel in drank, besit van dwelms, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord, geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord en huisbraak.